Emily Hobhouse Rosé

Aromas van soet aarbei, roosknop en rooi- en swartbessies. Die smaak is sag op die palet, met subtiele smake van spookasem en framboos wat op die tong weifel. Die wyn kan op sy eie geniet word, of saam met enige gereg, veral met 'n besonderse slaai. Bedien koud.

Genl Christiaan de Wet Merlot

Hierdie sappige voel-goed wyn komplimenteer 'n egte Afrikanerbraai, of 'n lieflike lamsvleisgereg met die smaak van ryp pruime, swartbessies, gestoofde kersies, met die nasmaak van drop en naeltjies. Daar is 'n fyn balans tussen die struktuur en 'n sagte asiditeit wat 'n heerlike drinkwyn bied.

Stil, broers,

daar gaan 'n man verby,

hy groet,

en dis verlaas.

Daar's nog maar één soos hy;

bekyk hom goed.

Die oog,

nou dof en weggesink,

soos vuurvonk kon hy blink -

die arendsblik,

die kakie- en renegateskrik.

Die stap en kraggebaar

is nou bedaar.

Is dit jul leier nog, per' ruiterskaar?

Gewis!

en soos hy ons s'n was

en is.

Al is die oog verswak,

hy kyk nog fier onhoog

in jou

soos in sy God se oog.

Al stap hy kromgeknak

en afdraens af,

al klop die hart al flou:

soos altyd is nog nou

elk stap en hartslag trou

tot in sy graf.

En hierdie pure man

jou kind, Suid-Afrika!

Wat vrees ons dan?

Geseën sal wees

die grond, die bloed, die vlees

wat sulke vrugte dra.

In ons De Wet se gees

Voorwaarts,

Suid-Afrika!

Johanna Brandt Chenin Blanc

Die warm geur van perske, spanspek en peer met die subtiele aroma van geskilde lietsjie en kruie skep 'n geurige avontuur.

Die sagte nasmaak van vars suurlemoenskil lê talmend op die palet.

Genl Koos de la Rey Shiraz

'n Fyn balans tussen vrugte en die geur van speserye. Braambessies, sappige swart pruime, en warm rooi kersies bied 'n vertoonvenster vir die geur van witpeperkorrels, met 'n sweempie naeltjies en kaneelstokkies. Al die geure word afgerond met sagte tanniene en 'n effense asiditeit.

Nonnie de la Rey Sauvignon Blanc

Hierdie fyn geintegreerde wyn skep 'n aroma van kruie en 'n effe vars groente met 'n sweempie gemaalde witpeperkorrels. Die smaak word afgerond met die geur van vars spanspek wat net vir 'n oomblik op die palet talm.

Jopie Fourie Cabernet Sauvignon

'n Moderne styl Cabernet Sauvignon met geure van swartbessies, sigaarboks, vrugte en 'n sweempie donker sjokolade wat sag talm op die palet. Verouder in Franse eikehout vate.

Die smaak word veral gekomplimenteer deur sterk kos en kaas.