"Ons vertel nie net 'n storie nie - ons skink dit in 'n glas."

Die Rebel is meer as net 'n handelsmerk. Dit is 'n lewende herinnering aan die mense en verhale wat Suid-Afrika gevorm het. Hierdie wynhandelsmerk is geskep om ons erfenis te eer, en die gees van vasberadenheid, moed en identiteit lewendig te hou. Wanneer jy 'n bottel van Die Rebel oopmaak, proe jy nie net wyn nie - jy ervaar 'n storie.

Ons missie is eenvoudig:

· Om 'n outentieke Afrikaanse wynervaring te skep wat nie net smaaklik is nie, maar ook 'n verhaal vertel.

· Om die stories van die verlede te gebruik om iets besonders in die hede te bou.

· Om Die Rebel 'n handelsmerk te maak waar erfenis en wyn mekaar ontmoet.

Vir Die Volk. Deur Die Volk.

Die Rebel is trots Suid-Afrikaans - gebore uit geskiedenis, gemaak vir die toekoms. Elke glas is 'n herinnering aan waar ons vandaan kom... en 'n viering van waarheen ons oppad is.

" 'n Glas vir die verlede. 'n Skink vir die toekoms"