
Geb. 09/04/1860
Sterf 08/06/1926
Emily Hobhouse was 'n formidabele vrou wat vandag steeds as een van die heel grootste heldinne ter wêreld erken word. Verskeie strate in Suid-Afrika is selfs na haar vernoem. Emily het konsentrasiekampe in Suid-Afrika besoek tydens die tweede Vryheidsoorlog om klere en ander benodighede uit te deel en is die bynaam "Angel of love" deur die dankbare Boerevroue wie haar goedheid ervaar het, gegee. Met haar terugkeer na Engeland het sy haar afkeer teen die konsentrasiekampe uitgespreek.






Geb. 07/10/1854
Sterf 03/02/1922
"Stil broers, daar gaan 'n man verby, hy groet, en dit verlaas. Daar's nog maar één soos hy; bekyk hom goed" - Jan FE Cilliers
Generaal Christiaan de Wet is die mees legendariese van alle Afrikaner militariste. Hy het die kuns van guerillaoorlogvoering, of soos hy die liewer genoem het, die oorlogvoering van slaan-en-val, soos min mense voor of na hom bemeester. Daarvoor het hy geen militere opleiding gehad nie, maar wel 'n leeftyd waarin hy naby aan die veld geleef het en die landskap besonder goed leer ken het. Sy lewensverhaal is werklik buitengewone leesstof.


Geb. 18/11/1876
Sterf 21/01/1964
Johanna Brandt was in die tyd van die Anglo-Boereoorlog 'n jong vrou van tussen 22 en 25 jaar oud. Sy was só lief vir haar land dat sy besluit het om 'n werk te doen wat meeste van die tyd deur mans gedoen is, naamlik spioenasie. Sy was glad nie bang vir hierdie gevaarlike werk nie en ook nie bang dat die Britse soldate haar sou vang nie.
Johanna se dagboek oor die Anglo-Boereoorlog is 'n waardevolle dokument, omdat dit baie mooi vertel wat alles in die oorlog gebeur het. Die dagboek strek vanaf 30 September 1899 totdat sy op 23 Junie die laaste keer daarin geskryf het - die jaar word nie genoem nie, maar dit was waarskynlik in 1902.






Geb. 22/10/1847
Sterf 15/09/1914
Generaal Koos de la Rey was 'n Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en word geag as een van die grootste militere leiers tydens daardie konflik. De la Rey was 'n diep gelowige mens en 'n sakbybel was selde nie in sy hande nie. Hy het 'n formidabele voorkoms gehad - 'n lang, netjies gesnyde bruin baard met 'n hoë voorhoof, geskonke oë wat hom 'n patriagale voorkoms gegee het. Hy word algemeen beskou as die sterkste en mins inskiklike Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog en as een van die leierfigure van Afrikanernasionalisme. As guerilla het hy besonderse sukses met sy taktiek behaal.


Geb. 28/05/1856
Sterf 11/08/1923
Nonnie se verhaal handel oor meer as oor hoe dit was om die vrou van genl. Koos de la Rey (die Leeu van Wes-Transvaal) te wees. Sy was 'n vrou wat uitdagings , ontberings en hartseer geken het, wat nie bang was vir "mannewerk" nie en vreesloos om op te staan vir dit waarin sy geglo het.
Nonnie het sterk gestaan teen al die uitdagings van hul lewe in die veld. Sy het ook haar kinders versorg en baie kere wanneer sy kon, ook haar man ondersteun terwyl hy besig was om te veg. Terwyl sy so in die veld rondgeswerf het, het sy en haar man mekaar dikwels gesien.
Sy het soms by die kommando kos gekry en sy het ook soms vir haar man en die ander soldate maaltye gekook. Wanneer die Boere moedeloos geraak het, het sy hulle moed ingepraat.






Geb. 02/07/1878
Sterf 20/12/1914
Daar trek 'n koeël, met spoed, met spoed,
hy's nat van Afrikaner-bloed,
en smart die boodskap wat hy voer;
hy kom uit Afrikaner-roer,
hy kom deur Afrikaner-hart,
Maar met die rou en die smart
bring hy die hart se kragte oor.
Slaap sag, trou hart, so wreed deurboor,
want, trekkend, trekkend jaar en stond,
sal steeds die koeël sy boodskap sprei;
en waar hy tref, heel nooit sy wond;
en wat hy tref, dit heilig hy!
- Jan F Celliers


'n Sjarmante restaurant met sy uitnodigende patio-sitarea versier met flikkerende feetjieliggies. Die spyskaart is interessant en bied 'n verskeidenheid roosterkoek- en pizza-opsies. Ons het veral die slaai geniet, wat baie goed was. Die eienaar is vriendelik en verwelkomend, wat bydra tot die warm atmosfeer van die restaurant. Die wynkeuse is prysenswaardig, met 'n reeks opsies om by jou maaltyd te pas. En, as 'n bonus, is die restaurant troeteldiervriendelik.

Wat 'n ongelooflike eetervaring! Van die oomblik dat ons by Die Rebel Restaurant en Wynboetiek aangekom het, is ons hartlik verwelkom deur die vriendelike personeel en getrakteer op gratis sjampanje en heerlike toffies – so 'n pragtige aanraking. Die eienaar, oorspronklik van Hermanus, het persoonlik met ons gesels en fassinerende stories gedeel oor die dorp se geskiedenis en hoe sy die restaurant begin het. Hierdie persoonlike aanraking het die aand nog meer spesiaal en onvergeetlik gemaak. Die diens was onberispelik, met perfekte tydsberekening op beide kos en drankies. Die wynkeuse was indrukwekkend en het 'n groot verskeidenheid gebied om aan elke voorkeur te voldoen. Een detail wat werklik uitgestaan het, was die gebruik van slegs kristalwynglase, wat 'n vlak van klas en elegansie tot die algehele ervaring toegevoeg het. Dit het gevoel asof 'n klein stukkie Hermanus pragtig na Orania gebring is. Dit is lanklaas dat ons 'n restaurant so baie soos hierdie een geniet het. Sterk aanbeveel vir enigiemand wat op soek is na uitstekende kos, warm gasvryheid en 'n tikkie gesofistikeerdheid! 🌟🍷✨

Fantastiese plek, kos is heerlik, diens topklas en mense is wonderlik

Maandag oggend en middag was dit 'n lekker rustige atmosfeer met lekker musiek. Baie vriendlike behulpsame diens. Dit was die beste roosterkoeke wat ons nog ooit geeet het, vars gebak die oggend. Die koffie het die lekkerste aroma wat die plek vuld en dit is baie lekker. Omelette en Pizzas was ook baie lekker. Hulle kan maar!
Diere vriendelik met n baie mooi eend dan en daar is ook n speel parkie vir kinders.

Het heerlik ontbyt geëet!
Melkskommel,Rooibos en koeldrank gedrink.
Melkskommel is heerlik dik en romerig.
Ontbyt vars en keurig voorberei. Alles baie smaaklik. Vriendelike vinnige diens. Oulike geskenk-afdeling

Dit is n bitter oulike plekkie n weg gesteekde juweel met n baie pragtige dekor en n heurlike atmosfeer, as jy n wyn liefhewer is moet jy virseker hier n draai kom maak jy sal glad nie spyt wees nie.

Dankie vir die ete!