Het jy 'n vraag, bestelling of net lus om met ons te gesels oor Die Rebel se storie? Ons hoor graag van jou.
Gereelde Vrae
Hoe bestel ek 'n boks wyn?
Jy kan direk vanaf ons webwerf bestel deur op die “Voeg by mandjie” of “Koop nou” knoppie te klik. Volg die eenvoudige stappe om at te reken.
Hoe lank neem aflewering?
Bestellings word gewoontlik binne 2 tot 5 werksdae afgelewer, afhangende van jou ligging. Sodra jou bestelling versend word, ontvang jy ‘n kennisgewing met jou afleweringsinligting en ‘n verwagte afleweringsdatum.
Watter betaalmetodes aanvaar julle?
Ons bied veilige en betroubare betaalopsies:
Aanlyn betaling deur Yoco.
Alle transaksies word veilig verwerk en beskerm.
Kan ek slegs een bottel bestel?
Nee. Ons verkoop dit slegs as ‘n boks van 6 bottels, ‘n boks bestaan uit een van elke tipe wyn.
Verskaf julle internasionale versending?
Tans lewer ons net binne Suid-Afrika af.
Wie is Die Rebel?
Die Rebel is ‘n unieke handelsmerk wat geinspireer is deur die Afrikaner geskiedenis en ses ikoniese figure uit daardie tyd. Elke bottel vertel ‘n storie – van moed, eer en erfenis. Ons missie is om hierdie geskiedenis lewendig te hou deur wyn van uitstaande gehalte en karakter.